Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

VANDAG SE WEER

Maandag, 26 June 2017
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Omroepers

BLACKIE SWART

BLACKIE SWARTEk is ‘n gebore Pretorianer maar het hoofsaaklik in Durban grootgeword. My werk het my ooral oor die land gevat selfs tot in Giyani in die verre noor-oos Limpopo en naby aan die Kruger Park grens. Ek  het ook ‘n draai in die voormalige Suidwes-Afrika gemaak. Ek het uiteindelik Kaapstad my tuiste gemaak en is die afgelope 3 ½ jaar werksaam in Bredasdorp. Ek is getroud met Marja en het twee dogters, René (werksaam in die finansiële afdeling van ‘n maatskappy) en Liana (‘n wetenskaplike). Ek het ook drie katte en ‘n hond!

Aanbieder van "Met ‘n ander oor"

  • Dinsdag: 20:00
  • Heruitsending Saterdag: 16:00

Daar is so baie musiek daar buite wat nooit gehoor word nie of wat ons nie van weet nie. Die program fokus hoofsaaklik op daardie onbekende kunstenaars en onbekende musiek wat nie altyd in Suid-Afrika bekend is nie of minder bekend is. Ons luister ook gewoonlik net na bekende kunstenaars se gewilde musiek en vergeet dat hulle ook ander musiek maak wat ons nie na luister nie. Ons luister ook baie keer na musiek in die agtergrond en gee nie altyd aandag aan die mmoigeid daarvan nie. Daar word ook brokkies inligting oor die kunstenaars  en die musiek gedeel om dit meer interresant te maak.