Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

VANDAG SE WEER

Vrydag, 20 July 2018

CB Login

Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Omroepers

Sandra Rossouw - Onderwys in Aksie

 

 

Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat al meer as 30 jaar betrokke is in die Onderwys.

Het begin skool hou in Oudtshoorn en later na Worcester geskuif.

Ek het later ook by die Universiteit van Stellenbosch se Wiskunde Instituut gewerk.

Ek is al 16 jaar betrokke by PSP (Primary Science Programme) waar ons onderwysers bemagtig om wiskunde en wetenskap op praktiese maniere vir die leerders aan te bied.

Ek is ook die trotse ma van ‘n tienerseun in graad 10 in Hoërskool Bredasdorp.

My passie is om mense te bemagtig om hulle doel ten volle uit te lewe en ‘n verskil in ander se lewens te maak.

 

Onderwys in Aksie is elke maandag van 10:00-12:00 op die lug.

In hierdie program kyk ons na die kinders van die Overberg se mooi prestasies en wat alles by die skole gebeur.

Ons gesels ook oor belangrike onderwyssake en gee idees vir ouers om hule kinders by te staan.