Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

Radio Overberg Blog

ADAM AANHANGERS IS “SMOORVERLIEF”

ADAM AANHANGERS IS “SMOORVERLIEF”

Uit die groep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se nuutste musiekvideo, SMOORVERLIEF, vanaf hulle derde album GOUD, wat op Maandag 15 Desember om 12h00 vrygestel is, kan ‘n mens duidelik sien dat hulle aanhangers halsoorkop verlief is op hulle.

‘n Geruime tyd terug al het die groep hulle aanhangers op Facebook gevra om vir hulle videos te maak en te stuur waar hulle die groep se liedjie, SMOORVERLIEF, sing.  “Ons is absoluut oorweldig deur ons aanhangers se deelname.  Die gehalte videos en die moeite wat hulle ingesit het is ongelooflik en ons kan werklik nie eens ons waardering in woorde omsit nie!”, se Hugo Ludik, stigterslid van hierdie gewilde Suid-Afrikaanse pop groep wat ook al die verhoog met internasionale sterre soos Westlife en Air Supply gedeel het.

In die video sing die aanhangers die liedjie vir ADAM deur die internet en die groep reageer deur dit vir die “fans” terug te sing – soos net ADAM kan!

“Ons wou die aanhangers die geleentheid gee om te besluit hoe die volgende ADAM video moet  lyk.  Dit het baie aande se kommunikasie tussen ons, die aanhangers en ADAM gekos en duisende e-posse later het die videos begin instroom!  Sommige mense het tot drie videos ingestuur, net om seker te maak hulle kom in die finale video.  Dit was opwindend om vir die ouens van ADAM die aanhangers se videos te wys en hulle wou dit oor en oor kyk.  Dit is ook waar lekker uitdagings ingekom het want alles wat die pop groep in die aanhangers se videos gesien het moes hulle nou in hulle eie optrede inwerk en dit het vir hope vermaak gesorg!  Kyk gerus uit vir Reynardt se onder water gedeelte – nie so maklik om jou asem op te hou en op dieselfde tyd te sing nie!”, vertel Jay Loots, vervaardiger van die musiekvideo en hoof van Fathom Media, opgewonde.

Die groep se gedeelte van die video is op die 3de Desember 2014 opgeneem en hulle beskryf dit as die lekkerste musiekvideo opname tot nou toe.

SMOORVERLIEF is geskryf deur Hugo Ludik en Reynardt Hugo en pryk tans op talle radio stasies se trefferparades landswyd. 

ADAM Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep

ADAM Twitter: @adamgroep

ADAM Webtuiste: www.adamband.co.za