Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

Radio Overberg Blog

Tinktinkietyd het hierdie vakansie vir Bessie Hemelbesem ontmoet.

Bessie Hemelbesem 1: Oom Sak Sarel se testament (voorleser: Elize Robbertze)

bessie hemelbesem1 8cae1Bessie bly saam met haar ma en pa in ‘n krom en skewe toringhuis op Langeraatsfontein. Bessie wil dolgraag 'n speurder word wat opwindende sake ondersoek. Maar niks gebeur ooit op Langeraatsfontein nie ... Alles verander egter toe tant Potjierol op 'n dag in 'n taxi voor die Hemelbesems se huis.

Bessie Hemelbesem 2: Die skat van Smokkelaarsbaai (voorgeleser: Elize Robbertze)

Bessie kan nie wag om met vakansie te gaan nie. Smokkelaarsbaai klink na 'n baie opwindende plek. Eh hulle gaan boonop in 'n vuurtoringhuis bly! Kort voor lank vat Bessie die pad saam met Ma en Pa Hemelbesem, tant Potjierol en Pietersielie die seekoei. Maar watter geheime en gevare skuil op Smokkelaarsbaai?

Bessie Hemelbesem 3: Die ekspedisie na Daardoer (gedramatiseer deur Anine Hugo, Danie Möller, Irmgard Hattingh, Joanie Pretorius en Maretha Steyn en vir Radio Overberg verwerk deur Letty-Ann Möller)

'n Gewrugtige kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur begin. Tant Potjierol en Pietersielie kan nie wag om aan die Ek- en- my- troeteldier- kompetisie op Daardoer deel te neem nie.

Janie Oosthuysen is die skrywer van hierdie reeks. Sy is ook die vertaler van die Harry Potter Reeks.