Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

Radio Overberg Blog

Nuwe Regardt van den Bergh fliek oppad!

Nuwe Regardt van den Bergh fliek oppad!

Die bekroonde filmmaker, Regardt van den Bergh, bekend vir films soos Faith like Potatoes, Klein Karoo en vele ander gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ‘n splinternuwe fliek uit sy pen, getiteld UITVLUCHT, wat op 27 Augustus 2015 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai première.

UITVLUCHT is ‘n drama en vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ‘n behoudende middelklas vrou wat in ‘n buite-egtelike verhouding alles wat saak maak in haar lewe, verloor. In haar gebrokenheid kry sy werk op n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe, en te begin aanvaar dat iemand haar dalk weer sal lief hê.

Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), 'n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou.Behalwe haar eie dilemma moet sy skielik handel met skoolouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.

Dit is ‘n storie van hoop in ‘n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin.

Rolverdeling:

Clara Joubert van den Bergh - Anna

Stian Bam - Dok

Margot Luyt - Hetta

Carel Trichardt - Joshua

Jill Levenberg - San

Oscar Petersen - Pieta

Clyde Berning - Willie

Regisseur: Regardt van den Bergh

Skrywers: Regardt van den Bergh / Clara Joubert van den Bergh

Vervaardigers: Regardt van den Bergh / Vlokkie Gordon

Kindematograaf: Zenn van Zyl

Die eerste lusmaker lokprent van die fliek is vrygestel op 7 Augustus 2015. Kyk dit hier:

https://youtu.be/EUK6qyr5Sj4

UITVLUCHT open op 13 Mei 2016 in fliekteaters landwyd en word versprei deur Ster Kinekor Entertainment.