Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Bredasdorper deel van Top 10 finaliste van Helpende Hand se Silwerkroon Toekenning

“Tannie Hanna Giliomee - een van die mees dinamiese weier-om-oud-te-word-mense van ons tyd.

JUIG! –tydskrif (Augustus) wys me Hanna Giliomee, van Bredasdorp aan as een van die top 10 finaliste wat met haar Helpende Hande en Omgee Hart op hierdie hoë ouvanderdom van 91 jaar steeds ‘n verskil maak in haar eie gemeenskap en tot inspirasie is vir ander.

Die toekenning gaan aan diegene ouer as 60 wat steeds ‘n daadwerklike verskil maak in hul gemeenskap en as ‘n aktiewe lid van die ligaam van Christus optree.

‘n Fomidabile vrou waarvan haar predikant, ds Cornie vd Merwe die volgende te sê het:

“Tannie Hanna Giliomee - een van die mees dinamiese weier-om-oud-te-word-mense van ons tyd. Bonatuurlik energiek en onweerstaanbaar prikkelend. Sy laat mense lag wat nie wil lag en sy beur mense op wat wil lê. Altyd vriendelik; oral opgeruimd en laat die jongeres dikwels van skaamte bloos. Op haar gelukkigste wanneer sy 'n helpende hand kan uitsteek of 'n "lift" met haar motor kan gee - want sy voel geborge in die straat omdat almal haar motor ken en weet hulle moet oppas as sy aankom. 'n Wonderlike gawe vir ons tehuis - 'n silwerhaar tannie wat sorg vir goud in die lewe van ander. Ons eer haar - in Gods Koninkryk is sy 'n sieraad !!”

“As jy saam met Suideroord stem dat dit ook die vrou is wat jy ken, sms so gou moontlik na 34384 die nommer 5. Ons tannie Hanna Giliomee verdien voorwaar die Silwerkroon toekenning....” Karin Dickason.