Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Elsa Winckler op Kloutjie

Elsa WincklerMet die kroos uit die huis, kon Elsa Winckler en haar man hulle huisie by die see koop. Vandat sy kan onthou, loop sy met stories in haar kop rond en voer met gesiglose mense lang gesprekke wanneer sy moet slaap.

Nou, uiteindelik, het sy begin om haar stories te vertel. Sy is op haar gelukkigste die kere wanneer al haar kinders onder een dak is.

Almal eet graag, en die kuiers word altyd lang, uitgerekte geselse rondom die kospotte. Elsa is mal oor lees, en verdwyn maklik vir lang tye tussen die blaaie van ’n boek.

Heinz Winkler se ma, Elsa, het Donderdagaand, 6 November, 'n groep Bredasdorpse vroue vertel hoe sy Jan van Elfen se bababoek gefynkam het en al die wenke vir koliekbaba's deurgewerk het, maar die mannetjie wou nie ophou huil nie. Gelukkig het die buurman en sy vrou (hulle het sewe kinders grootgemaak!) hand bygesit...al wat gewerk het, was om die baba stewig vas te klem totdat hy bedaar.Haar onderhoud met Radio Overberg word Woensdagoggend, 19 November om 09h40 uitgesaai.