Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

CB Login

Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Afrikaans.com droomgroot-talentkompetisie

Alle hoërskoolleerders (graad 8 tot 12) luister hier – jy kan R10 000 wen! Afrikaans.com se droomgroot-talentkompetisie het op 1 Julie afgeskop en jy het tot 30 September kans om deel te neem en dalk die wenner van R10 000 te wees!

Wat ook al jou talent, of dit sing, dans, kletsrym, gedigte skryf of opsê, kitaar of klavierspeel is, Afrikaans.com vra dat jy jouself op video afneem en deelneem – solank dit in Afrikaans is. Jy moet jou inskrywing saam met die hutsmerk #droomgroot18, op Afrikaans.com se sosiale media-platforms (Facebook of Instagram) of per whatsapp-boodskap deel. Onthou net om Afrikaans.com te tag. Die whatsapp-nommer is  064 652 6873. Gaan kyk ook op Afrikaans.com se webtuiste  - www.afrikaans.com - onder projekte/wen vir meer inligting. So opskud! Sluitingsdatum is 30 September. Net weer daardie nommer: 064 652 6873.

 

Vir meer inligting kliek op die link hieronder:

http://afrikaans.com/projekte-wen/droom-groot-met-jou-talent-jy-kan-wen/