Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Uit die Gemeenskap Vir die Gemeenskap, Skaal Af! Projek

Marné Joubert,stasiebestuurder Radio Overberg fm,doen eerste Skaal Af! oorhandiging aan De Heide Primêr se adjunk-prinsipaal, mnr Murray Walbrugh.Foto geneem deur Yolande Kleyn.]

De Heide Primêr was Maandag 23 Februarie 2015 die eerste ontvanger van die gelukkige trekking van die Skaal Af! Projek. Die plaaslike gemeenskapsradio, Radio Overberg fm, Bredasdorp Health and Fitness en die dieetkundige Yolande Tollig staan pa vir hierdie projek waarby nie net die ingeskrewe deelnemers baat nie, maar ook die breë gemeenskap.

Juffrou Jesmeane Adams, skoolhoof van De Heide Primêr, erken met dank ontvangs van skenkings deur Hopin Kafee op Bredasdorp en Tabita Boetiek op Riviersonderend.

Hierdie gelukkige trekking kan deur die loop van die Skaal Af!

gemeenskapsprojek nog 37 gemeenskapsorganisasies, gelys as Cape Agulhas SDA Stakeholders, te beurt val.

Die projekleiers wil die 10 deelnemers wat reeds voor die eerste kalendermaand verby is met 'n spanpoging 10kg afgeskud het, se blad skud. Sodra die volgende 10kg verloor is, is daar weer 'n gelukkige trekking. Daar lê nog twee maande van 'n doelgerigte gesonde leefstyl voor en die projekleiers, die deelnemers, sowel as die Overbergse gemeenskap vind hierby baat.