Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

Radio Overberg Blog

Nog 'n bekendstelling op Riviersonderend

NOG 'n bekendstelling op RiviersonderendRadio Overberg se Poppekas het soos ‘n miniatuur sirkustent in die historiese saaltjie op Riviersonderend sy man gestaan.   Alie, ons poppekas-karaktertjie, is aan die kleingoed by die NG Kerk Basaar bekend gestel. Op die foto verskyn ‘n handvol Riviersonderenders by Letty-Ann van Radio Overberg en in die agtergrond troon die rooi-en-wit poppekas met ‘n paar van die poppe wat aan die vertoning deelgeneem het. Riviersonderend het Radio Overberg byvoorbaat genooi vir hulle volgende kerkbasaar. (Alie gesels elke weeksoggend om 09h30 op Tinktinkietyd op 98.4fm.

Hy nooi al ons kleuterskole om saam te luister!)