Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Radio Overberg en Breyani maak 'n verskil

Seloma Gouws en Deon Ahrends"Dankie Deon en al die Breyanidorpers en Radio Overberg 98.4 FM. Julle het nou ‘n stem vir ons geword."

Deon Ahrends en al die medelede van die Breyani Fan Club het besluit om die Struisbaai Meals on Wheels en Safehaven projek onder hulle vlerk te neem. Hierdie Breyani Fan Club pak sommer groot dinge aan.   Hulle het ‘n mikpunt om R 40 000.00 in te samel vir die boufondsrekening van die Safehouse. Behalwe dat die omroeper (Sjef Deon Ahrends) Vrydagaande en Sondagaande spesiale tyd maak om die luisteraars op Radio Overberg 98.4 FM te nooi om saam met die klub hande te vat met die fondsinsameling, is hulle ook druk besig om die fondse in te samel deur verskeie projekte.

Weereens het die gemeenskap gewys dat hulle saamstaan en daar is reeds meer as R 32 000.00 deur die Breyani Fan Club ingesamel. Die totale Boufonds rekening staan nou op R 358 000.00. Dit is moontlik gemaak deur ‘n groot skenking van R 100 000.00 deur ‘n vriend wat ook ‘n erf vir ons gekoop het. Ons kon die erf koop omdat Aida, Realty en Seef Eiendoms hul agent kommissie afgestaan het. Aida het ook met hul fondsinsamelingsprojek R 5 000.00 bygedra tot die boufonds. Ander vriende het ‘n erf verkoop en R 70 000.00 geskenk. Nog ‘n vriend het drie dubbel glasdeure ter waarde van R 45 000.00 geskenk. Ander ondersteun verder deur kleiner donasies en geskenkies.

Die volgende versie kom op in my gedagtes, “So sê die Here, op die regte oomblik sal Ek jou antwoord” Jes 49.

Ons is bevoorreg dat ons steeds die Ou Herberg kan gebruik vir ons MOW en Safehaven. Dit bly vir my steeds ‘n wonderwerk. Op 22/7/2010 het ons by Strepies die sleutel van die ou gebou gekry, toe ons op die stoepie kom het ons na die gedenksteen van die inhuldiging gekyk, presies op 22/7/1950 was die gebou ingehuldig deur PK Albertyn Snr, en op die steen staan die woorde ”Suffer little children to come onto Me - Luk 18:16 ook ”Ek het jou gebed verhoor 2 Kr.7:12”

Hier was baie werk nodig, soos wat hierdie projek ook baie uitdagings het, tog het die Here keer op keer op die regte tyd voorsien. Selfs met die verkoop van die perseel, het die nuwe eienaar Mnr Reed sy hand van vriendskap en hulp na ons toe uitgesteek. Hierdie Ou Herberg het nou al veiligheid aan 50 kinders gegee. Party net vir ‘n aand, ander langer en die ou gebou doen nog steeds wat die steen se boodskap vir ons uitspel.

Nie net kinders stap hier in nie - vriende soos Deon en Paulina Ahrends en die Breyani Fan Club - vertel dat ons kan ‘n verskil maak in ‘n kind se lewe. Vir my is daar soveel mense wat op verskillende maniere ons arms optel, hoe kan ons ooit genoeg dankie sê? Dankie Deon en al die Breyanidorpers en Radio Overberg 98.4 FM. Julle het nou ‘n stem vir ons geword. Ek het baie om voor dankbaar te wees. Julle weet wie julle is en ons kan net sê kom kyk watter verskil maak dit. Daarom moet ons ‘n huis hê, waar daar mooi gordyntjies gaan hang, waar ons van die kinders wat langtermyn onder pleegsorg is, gaan leer hoe om koekies te bak, hoe om huis te hou, sodat hul eendag rolmodelle vir hul eie kinders sal wees.

Steen vir steen gaan ons dit doen. Elke baksteen sal vertel dat daar is omgee mense wat in ons land se kinders belê. Dankie vir die stemme wat vertel dat op die regte tyd gebeur dit omdat mense nog glo.