Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Ek het 'n droom gehad.

Piet Maré

Piet Maré se droom het waar geword! Met ongekende entoesiasme het hierdie entrepreneur die plaaslike gemeenskapsradio begin. 

‘n Splinternuwe konsep. Gegroet met skepticisme. ‘n Onwerklikheid wat, hoofsaaklik deur Piet Maré se optimisme, entoesiasme en vasberadenheid, amptelik as nie-winsgewende organisasie en as gemeenskapsradio in 2011 by ICASA geregistreer is.Nie eens die gesloer van die “red tape” kon Piet terughou nie.

Toe daar na byna ‘n jaar geen uitsluitsel was nie, het hy eenvoudig op gevlieg Gauteng toe om die lisensie te gaan haal.Piet het sy besigheid verkoop en volstoom die aanvoerwerk vir Radio Overbergfm gedoen.  Die finansiële wiel het sy tyd gevat en Piet moes die tuig neerlê vir beter finansiële opsies elders.

Sy afskeidswoorde was nog steeds die versoek dat die passie en die entoesiasme wat daar reeds in die personeel posgevat het, moet bly!Teen die tyd wat Piet weg is om later sy gewig by ‘n gevestigde gemeenskapstasie in te gooi, het Radio Overbergfm ‘n Raad, ‘n logo, ‘n slagspreuk, ‘n kantooropset met nuwe uitsaai ateljee, vaste kantoorpersoneel, ‘n handvol vrywillige omroepers en adverteerders gehad!Lank lewe entoesiasme!