Letty-Ann Möller
Bestuur & Sosiale Media
Stigterslid - Okt 2011
Show:
Brokkies – Ma - Vr: 08:00 - 09:00
Ek is ’n produk van Vincent Pallotti – ’n 1957-model. Ek het al in byna al die provinsies van Suid-Afrika gewoon en waardeer die uiteenlopende mense en kulture wat ek leer ken het. My belangstellings sluit mense, tale, musiek en inligting in – alles wat help om stories te verstaan en te deel.
Rudi de Waal
Station Manager
Aangesluit: Junie 2012
Gebore in Pretoria en grootgeword op ’n myndorp in die ou Wes-Transvaal, het hy diensplig in Kimberley en Potchefstroom voltooi voordat hy op die PUK studeer het. Daar het hy sy eerste radio-ervaring by Radio Puk gekry. Ná ’n mislukte stemtoets en ’n tweede kans is hy nou al 14+ jaar ’n trotse lid van Radio Overberg. Hy is lief vir musiek, sport, rooiwyn en ’n gesellige braai. Skakel in by die Rooi Span van Bredasdorp!
Maureen Eksteen
Bestuur / Admin
Joined: March 2013
Shows:
Drive Time – Dinsdag, 16:00–18:00
Musikale Dinamiek – Sondag, 11:00–12:00
Maureen Eksteen, deel van Radio Overberg se bestuur, hanteer administrasie en bied Drive Time aan. Sy hou van stap, sing, kook en reis, en geniet die TV-reeks The Nanny. Haar gunsteling musiek sluit pop van die 2000s, klassiekers van die 50s–70s en liefdevolle ballades in. Haar lewensmotto: “Moet nooit ophou droom nie, leef vir vandag, en everything is possible for the one who believes.”
Anne-Marie Burger
Bestuur / Verkope
Aangesluit: November 2019
Show:
Ommi Tafel: Monday & Wednesday 10:00 – 12:00
Anne-Marie Burger beskryf haarself as die gelukkigste mens wat sy ken. Grootgeword in Pongola, het sy van kleins af radio as haar venster na die wêreld en “gratis universiteit” ervaar. Vandag is dit vir haar ’n voorreg om by Radio Overberg deel te wees van vermaak en inligting. Sy is getroud met Ben, oftewel Ben Bokspring.
Ben Burger (aka Ben Bokspring)
Bestuur / Tegnies
Aangesluit: Augustus 2020
Shows:
Draadloos Kombuis – Woensdag, 09:30–09:50
Overberg Bewustheid – Donderdag, 12:15–12:45
Musiekmeesters – Vrydag, 11:15–12:00 (Repeat: Tuesday 18:15 – 19:00)
Ben Burger, oftewel Ben Bokspring, noem Struisbaai huis. Hy geniet gholf, skubaduik en hengel, en is op sy gelukkigste by die see. Ben is lief vir musiek van alle genres, veral dié van 1950–1980. Getroud met Anne-Marie, sy lewensmaat en beste vriend, leef hy om ’n verskil te maak – en bak graag ciabatta terwyl hy senior afslag benut.
Paulston Engel
Bestuurslid & Nuuskoördineerder
Aangesluit: Augustus 2024
Rol: Bestuurslid & Nuuskoördineerder
Paulston Engel, gebore in Kuilsrivier, is ’n gekwalifiseerde rekenmeester en ouditeur. Alhoewel hy afgetree het, bly hy betrokke by FX-handel en konsultasiewerk. In sy vrye tyd lees en stap hy graag langs die see. Hy glo radio verbind gemeenskappe en bied ’n unieke manier om stories en ervarings te deel. Sy lewensfilosofie: leef met uitnemendheid, moed en selfvertroue.