Radio Overberg

SIT GESIGTE BY DIE STEMME WAT JY LIEFHET

Ontmoet die Stemme van Radio Overberg

Radio Overberg Presenters Letty-Ann Moller

Letty-Ann Möller

Bestuur & Sosiale Media
Stigterslid - Okt 2011

Show:
Brokkies – Ma - Vr: 08:00 - 09:00

Ek is ’n produk van Vincent Pallotti – ’n 1957-model. Ek het al in byna al die provinsies van Suid-Afrika gewoon en waardeer die uiteenlopende mense en kulture wat ek leer ken het. My belangstellings sluit mense, tale, musiek en inligting in – alles wat help om stories te verstaan en te deel.

Radio Overberg Presenters Deon Ahrends

Deon Ahrends

Omroeper / Presenter
Joined: Okt 2011

Show:
Breyani – Vrydag, 20:00–00:00
Breyani Gospel: Sunday 19:00 – 21:10

Deon Ahrends, ’n toegewyde Radio Overberg-omroeper, bring elke Vrydagaand die ryk klanke en geure van Breyani na die luggolwe. Met sy passie vir musiek en sterk gemeenskapsverbondenheid bied hy ’n lewendige mengsel van ritme, kultuur en vermaak.

Radio Overberg Presenters Maureen Eksteen

Maureen Eksteen

Bestuur / Admin
Joined: March 2013

Shows:
Drive Time – Dinsdag, 16:00–18:00
Musikale Dinamiek – Sondag, 11:00–12:00

Maureen Eksteen, deel van Radio Overberg se bestuur, hanteer administrasie en bied Drive Time aan. Sy hou van stap, sing, kook en reis, en geniet die TV-reeks The Nanny. Haar gunsteling musiek sluit pop van die 2000s, klassiekers van die 50s–70s en liefdevolle ballades in. Haar lewensmotto: “Moet nooit ophou droom nie, leef vir vandag, en everything is possible for the one who believes.”

Radio Overberg Presenters Gurswin Prins

Gurswin Prins

Omroeper / Presenter
Joined: July 2013

Show:
Munisipale Sake – Donderdag, 14:30–15:00
(Herhaling: Sondag, 14:15–14:45)

Gurswin Prins is sedert Julie 2013 deel van Radio Overberg en bied Munisipale Sake aan. Sy program hou luisteraars ingelig oor belangrike plaaslike aangeleenthede en versterk die skakel tussen gemeenskap en regering. Toegewyd en gemeenskapsgeoriënteerd bring hy elke week relevante en tydige inligting.

Radio Overberg Presenters Pierre Vlok

Pierre Vlok

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Augustus 2013

Shows:
By die Plaashek – Vrydag, 13:00–14:00 (Herhaling: Saterdag, 07:00–08:00)
Geskiedenis Dagboek – Saterdag, 17:15–17:30

Gebore in Sutherland en grootgeword op ’n Merino-skaapplaas, het hy ’n liefde vir landbou en die buitelewe. Sedert 13 jaar by Radio Overberg, deel hy sy passie vir boerdery, musiek en lewendige uitsaai. Hy is ’n toegewyde Christen, hou van bergfietsry, motorfietse en sing graag.

Radio Overberg Presenters Dennis Bogenhagen

Dennis Bogenhagen

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Maart 2014

Show:
Make a Difference (M.A.D. met Dennis) – Sondag, 18:00–19:00
(Herhaling: Dinsdag, 20:00–21:00)

Dennis Bogenhagen is ’n passievolle radio-omroeper wat sy gemeenskap dien. Make a Difference gee erkenning aan mense en gospelkunstenaars wat ’n betekenisvolle verskil maak. Hy is ’n bekroonde aanbieder, afgetrede Lugmag-lid, sportman, Sensei, en aktief in gemeenskapsontwikkeling.

Radio Overberg Presenters Biskop Marthinus

Biskop Marthinus

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Mei 2015

Show:
Breyani Gospel – Sondag, 19:00–21:10

Biskop Marthinus, grootgeword in Waenhuiskrans, bied Breyani Gospel aan elke Sondagaand. Sy program kombineer inspirerende boodskappe met gospelmusiek om geloof te versterk en die gemeenskap op te bou. Hy geniet om musiek te maak en betrokke te wees by konserte en kreatiewe uitdrukking.

Radio Overberg Presenters Johan van Lill Mulder

Johan van Lill Mulder

Omroeper / Presenter
Aangesluit: April 2016

Shows:
Kaviaar vir ’n Springbok – Maandag, 14:15–16:00 (Herhalings: Saterdag 00:00–02:00 & Sondag 02:00–04:00)
Uit ons Tyd – Woensdag, 12:30–13:30 (Herhaling: Sondag 04:30–05:30)
Klein Saterdag Jolyt – Woensdag, 19:00–21:00 (Herhaling: Vrydag 18:00–20:00)
Soetmuisberg Boeremusiek – Donderdag, 18:15–19:00

Gebore op 25 Januarie 1973 in Clanwilliam en grootgeword in Bonnievale. Ná diensplig in die Weermag (tot 2021) kombineer hy sy liefde vir geskiedenis, sport en musiek om by Radio Overberg sy passie vir radio en die gemeenskap te deel.

Radio Overberg PresentersPiet (Makwas) van Rensburg

Piet (Makwas) van Rensburg

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Augustus 2016

Shows:
Van Toeka tot Nou – Donderdag, 19:00–20:00 (Herhaling: Maandag, 20:00–21:00)
Koffiehuis – Saterdag, 18:00–20:00 (Herhalings: Saterdag 02:00–04:00 & Sondag 00:00–02:00)
Klein Saterdag Jolyt – Woensdag, 19:00–21:00 (Herhaling: Vrydag 18:00–20:00)
Soetmuisberg Boeremusiek – Donderdag, 18:15–19:00
Oordenking – Sondag, 23:00–00:00

Pieter “Makwas” Janse van Rensburg, grootgeword as spoorwegkind en afgetree van die SA Lugmag, het sy radioloopbaan by Radio Pretoria begin en sedert 2016 deel van Radio Overberg. Hy bied gewilde programme aan en leef sy passie vir musiek en gemeenskapsverbondenheid uit.

Antonette Roberts

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Oktober 2018

Shows:
Storietyd met Tannie Net – Saterdag, 09:50–10:00
Bybelstorie – Sondag, 09:20–09:30

Antonette Roberts gebruik Radio Overberg om haar Godgegewe talent uit te leef en meer oor haar gemeenskap te leer. Sy glo in bedagsaamheid, klein gebare maak ’n groot verskil, en musiek speel ’n belangrike rol in haar lewe. Haar lewensmotto: “Moet nooit moed verloor nie.”

Radio Overberg Presenters Leanda Botes

Leanda Botes

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Oktober 2018

Show:
Inspirasie Stasie – Woensdag, 09:15–09:30

Leanda Botes is die stem agter Inspirasie Stasie, waar sy elke Woensdag luisteraars bemoedig met positiewe boodskappe. Haar passie vir mense en warm, opregte benadering bring hoop, inspirasie en geloof, en maak haar program ’n ligpunt in die week.

Radio Overberg Presenters Anne-Marie Burger

Anne-Marie Burger

Bestuur / Verkope
Aangesluit: November 2019

Show:
Ommi Tafel: Monday & Wednesday 10:00 – 12:00

Anne-Marie Burger, grootgeword in Pongola en koshuiskind in Vryheid, het van kleins af radio as haar venster na die wêreld ervaar. Vandag geniet sy dit om by Radio Overberg vermaak en inligting te bring. Sy is getroud met Ben, oftewel Ben Bokspring.

Radio Overberg Presenters Ben Burger

Ben Burger (aka Ben Bokspring)

Bestuur / Tegnies
Aangesluit: Augustus 2020

Shows:
Draadloos Kombuis – Woensdag, 09:30–09:50
Overberg Bewustheid – Donderdag, 12:15–12:45
Musiekmeesters – Vrydag, 11:15–12:00 (Repeat: Tuesday 18:15 – 19:00)

Ben Burger, bekend as Ben Bokspring, woon in Struisbaai en is lief vir musiek, gholf, skubaduik en hengel. Getroud met Anne-Marie, leef hy om ’n verskil te maak, kook en bak graag, en geniet die see en musiek van 1950–1980.

Radio Overberg Presenters Daantjie Badenhorst

Daantjie Badenhorst

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Januarie 2021

Show:
Wiele met Daantjie – Saterdag, 11:00–11:30

Daantjie Badenhorst, gebore in Pietermaritzburg en grootgeword in Nongoma, Empangeni en Pretoria, is ’n vryskutjoernalis met ’n liefde vir motors, musiek en sport. Hy ondersteun die Blou Bulle en deel sy passies graag via gemeenskapsradio.

Radio Overberg Presenters Ian Butler

Ian Butler

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Maart 2021

Shows:
Drive Time – Vrydag, 16:00–18:00
Klein Saterdag Jolyt – Woensdag, 19:00–21:00 (Herhaling: Vrydag, 18:00–20:00)
Soetmuisberg Boeremusiek – Donderdag, 18:15–19:00
Klub 80 – Sondag, 16:00–17:00 (Herhaling: Dinsdag, 19:00–20:00)

Ian Butler, gebore in Montagu, woon nou in Bredasdorp en is trots om by Radio Overberg te werk. Hy is lief vir musiek, natuur, diere en sy geloof. Hy waardeer tyd saam met sy vrou en glo in respek, liefde vir diere en geweldloosheid.

Radio Overberg Presenters Elize Ellis

Elize Ellis

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Maart 2022

Show:
Woeker met Wenke – Dinsdag, 09:15–09:30

Elize Ellis van Ladismith deel in Woeker met Wenke praktiese en insiggewende wenke om luisteraars daagliks iets nuut te leer. Sy is lief vir dans, kamp, lees, perdskoue, musiek, kampvure, bordspeletjies, pieknieks en ’n glasie rooiwyn.

Radio Overberg Presenters Maryann de Villiers

Maryanne de Villiers

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Februarie 2023

Show:
Onderwys Vandag – Donderdag, 09:15–09:45

Maryanne de Villiers van Kaapstad is terug by haar eerste liefde – radio – en geniet dit om op Radio Overberg se “ethers” rond te swerf. Ná ’n loopbaan in televisieproduksie en onderwys is sy nou gelukkig gevestig in die Overberg. Haar motto: “Oos, wes, tuis bes.”

Radio Overberg Presenters Annette Havenga

Annette Havenga

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Februarie 2023

Show:
Op die Rooi Tapyt – Dinsdag, 10:00–12:00

Annette Havenga is passievol oor media en vertel graag stories oor radio, TV, vlogs en skryfwerk. As vryskut-aktrise het sy in Projek Dina, Arendsvlei, kortfilms en advertensies verskyn. Elke Dinsdag hou sy luisteraars op hoogte van die nuutste vermaaklikheidsnuus Op die Rooi Tapyt.

Radio Overberg Presenters Johan Boshoff

Johan Boshoff (Bossie)

Omroeper / Presenter
Aangesluit: April 2023

Shows:
Drive Time – Maandag, 16:00–18:00
Klein Saterdag Jolyt – Woensdag, 19:00–21:00 (Herhaling: Vrydag, 18:00–20:00)
Country Jukebox – Saterdag, 20:00–22:00

Johan “Bossie” Boshoff, gebore in Durban en afgetree van die Metro Polisie, woon nou in George/Wildernis. Al 34 jaar getroud met Salome, deel hy sy liefde vir musiek – Goue Oues, Rock & Roll en Boeremusiek – op radio, alles geanker in sy geloof en Romeine 12:2.

Radio Overberg Presenters Bobby Rohlandt

Bobby Rohlandt

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Januarie 2024 (eerste betrokkenheid in 2018)

Show:
Breakfast met Bobby – Maandae, Woensdae & Vrydae: 07:00–08:00

Bobby Rohlandt het in 1993 Hermanus verruil vir Bredasdorp, waar hy sakeondernemings en later ’n praktyk as herbalis en iridoloog gevestig het. In 2018 het hy sy radiodroom bewaarheid met Breakfast met Bobby. Buiten radio is hy sanger in die Kaleidoskoop Orkes, eiendomsagent, en passievol oor skryf en musiek.

Radio Overberg Presenters Sandra Rossouw

Sandra Rousseau

Omroeper / Presenter
Aangesluit: Februarie 2025

Show:
Wiskunde by die Huis – Donderdag, 10:30–11:00 vm

Sandra van die Primary Science Programme deel elke Donderdag haar passie vir wiskunde met kinders en die gemeenskap. Sedert 2014 betrokke by onderwysprogramme in die Overberg, fokus sy nou weer op gehalte-onderrig in wiskunde en wetenskap.

Radio Overberg Presenters Ilse Cronje

Liesl Cronje

Omroeper – Presenter
Aangesluit: Oktober 2025

Show:
Wat doen jy? Vrydae 09:15 - 09:45

I’m a natural conversationalist and networker who thrives on meeting new people. Embracing the beauty of slow living, I balance life here in the beautiful Overberg with my work as a career-to-vocation coach. Guided by kindness, authenticity, and faith, I’m deeply committed to helping others uncover purpose and live their true vocation