Naam: Rudi de Waal
Betrokke by Radio Overberg sedert Junie 2012
Stasie bestuurder. (Sedert 1 Februarie 2020)
Kontak besonderhede:
Sel nommer: 082 494 3890 epos: manager@radiooverberg.co.za
Watter voorreg is dit nie om deel te wees van ‘n span passievolle en talentvolle radio persoonlikhede nie!
Gebore in Pretoria en groot geword op ‘n myndorp in die ou Wes-Transvaal. Was bevoorreg om diensplig te kon doen in Kimberley & Potchefstroom. Ek het ook studeer op die PUK, waar ek die kans gehad het om vir 4 jaar deel te kon wees van die Alabama Studentegeselskap en my eerste smakie van radio gehad by Radio Puk!
Nadat ek my eerste stemtoets gedop het by die destydse stigterslid, het ek weer ‘n kans gekry en is nou al meer as 10 jaar betrokke by Radio Overberg.
Musiek, sport, goeie rooiwyn en ‘n gesellige braai/vuur is beslis my passie!
Skakel in en word deel van die Rooi Span van Bredasdorp!!