Naam: Tannie Net
Betrokke by Radio Overberg sedert Oktober 2018
Program/me & tye:
Storietyd met Tannie Net: Saterdae 09:50 – 10:00
Bybelstorie met Tannie Net: Sondae 09:20 – 09:30
Radio Overberg bied vir my ‘n platform waar ek my Godgegewe talent kan uitleef en dit is ook hier waar ek inligting kan kry aangaande my gemeenskap. Iets wat min mense van my weet, is dat ek elke oggend op die rype ouderdom van 67 op my kop staan. Ek het 2 lewenswaarhede wat gelykstaan: Wees net die mens wat God jou geskape het, moenie eers probeer om soos iemand anders op te tree nie. Jy is jou eie mens, daar is net een bloudruk soos jy. Tweedens: Wees altyd bedagsaam teenoor alle mense van die bedelaar tot die hoogste rang. Ek glo ook bedagsaamheid sluit vir jou deure oop. Klein dingetjies soos: ‘n glimlag, goeie môre, goeie naand, dankie, asseblief, jy lyk goed, ek is jammer, is belangrik en dit kos niks. Deel dit vrylik uit.
Musiek, glo ek, speel ‘n belangrike rol in alle mense se lewe. Dit kan jou rustig maak of opgewonde. Vir my is dit uiters belangrik , juis omdat ek by tye my eie liedjies skryf en toonset.
My droombestemming is enige plek in Suid Afrika wat skoon en netjies is en mense in vrede en liefde met mekaar kan saamleef. Struisbaai, dan kies ek jou!
My inspirerende aanhaling is: Moet nooit, maar nooit, maar nooit moed verloor nie.